GESKIEDENIS VAN DIE SAKK
Copyright/KopieregŠ2016
Website deur Veloxsoft
englishfront.jpg
Besoekers 12345
omtrentonsfront.jpg eposonsfront.jpg kontaktonsfront22.jpg
Die oogmerk is om alle kanale te verken ten einde die visie, om die nalatenskap van die SAKK te dokumenteer, te verwesenlik. Vele pogings, om die geskiedenis van die SAKK te boek te stel, was in die verlede aangewend sonder om 'n getroue weergawe daar te stel, en sodoende nie reg te laat geskied aan die bestaan van die SAKK nie. Dit is dus van kardinale belang dat hierdie poging, om die ware feite te versamel, die soet en die suur, in die boek weergee moet word - presies dit wat SAKK soldate beleef het.
        
Hierdie poging, om die geskiedenis te dokumenteer, moet 'n gesamentlike poging wees en die voormalige SAKK lede sal hulle eie geskiedenis nagaan. Die boek moet besliste perspektiewe hę van wat die families ervaar het in die afwesigheid van hulle mans/pa's (grensdiens of kursusse).
 
'n Gedeelte van die inkomste van die boek behoort tot die voordeel van SAKK veterane aangewend te word en vir die doel sal 'n trust fonds opgerig word.
 
Die boek handel nie oor die SAKK Onderhouds Eenheid nie, maar wel oor die SAKK in die algemeen, insluitend alle ander SAKK Eenhede, gestig gedurende die termyn. Sommige intellektuele persone sal ook aangewend word om ons met ons oogmerke by te staan.